OTW Verkiesingstatistiek vir 2024

Noudat die 2024-verkiesing verby is, is ons bly om ons kiesersdeelname-statistiek met u te deel!

Vir die 2024-verkiesing het ons ‘n totaal van 14 959 stemgeregtigde kiesers gehad. Hiervan het 3 415 kiesers gestem, wat 22,8% van die moontlike kiesers verteenwoordig.

Ons kiesersdeelname is laer as dié van laasjaar, wat ‘n deelname van 27,8% gehad het.

Ons het ook ‘n afname in die aantal stemme gesien, van 4 247 na 3 415, wat ‘n afname van -19,6% verteenwoordig. Read More

2024 OTW Verkiesingsuitslae

Die Verkiesingskomitee wil graag al ons kandidate bedank vir hul harde werk in hierdie jaar se verkiesing. Dit is dan ook ‘n voorreg om die resultate van die 2024 Verkiesing bekend te maak.

Die volgende kandidate (in alfabetiese volgorde) is amptelik verkies tot die Raad van Direkteure:

  • Erica Frank
  • Rachel Linton

Die Raadsoordrag begin formeel op 1 Oktober. Ons wens die nuwe lede van die Raad sterkte toe met hul termyn.

Hiermee kom die verkiesingseisoen dan tot ‘n einde. Dankie aan almal wat betrokke geraak het deur nuus oor die verkiesing te versprei, aan die kandidate vrae te vra en natuurlik ook deur te stem! Ons sien uit daarna om u almal volgende jaar weer te sien.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

2024 OTW Raad Stemming Nou Oop!

Die verkiesing het geopen!

Elke OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) lid wat tussen 1 Julie 2023 en 30 Junie 2024 aangesluit het behoort teen die tyd ‘n stembrief te hê. As u nie een ontvang het nie, gaan kyk asseblief eers in u strooipos leêrgids en kontak ons dan deur ons kontak vorm. Neem asseblief kennis dat u donasie kwitansie in Amerikaanse Oostelike Tyd gedateer sal wees, so as u donasie na 19:59 op 30 Junie 2024 op die kwitansie aangedui is, sal u nie geregtig wees om te stem nie. As u onseker is of u donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontak vorm op ons webtuiste te gebruik en “Is my membership current/Am I eligible to vote?” (“Is my lidmaatskap op datum/Is ek geregtig om te stem?”) te selekteer.

Die verkiesing sal plaasvind tot 19 Augustus 2024, 23:59 UTC; sien hierdie tydsone omskakelaar om uit te vind hoe laat dit vir u sal wees.

Sodra u gestem het kan u aanbeweeg na Twitter/X en die hutsmerk #OTWE2024 gebruik om ander kiesers te ontmoet en met hulle te gesels. Ons sal graag van u wil hoor!


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.