Om vir lede van die Raad van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) te stem, moet jy ’n volbetaalde lid van die OTW wees teen 30 Junie van die verkiesingsjaar. Jou donasie se kwitansie word volgens Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) gedateer, so jy sal nie stemgeregtig wees indien jou donasie ná 30 Junie UTC op die kwitansie gelys word nie.
As jy onseker is of jou donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontakvorm op ons webwerf te gebruik en kies “Is my membership current/Am I eligible to vote?” (“Is my lidmaatskap op datum/Kwalifiseer ek om te stem?”). Verwys na die Tydlyn vir die ander belangrike datums.
Jy moes ’n donasie gemaak het met ’n persoonlike tjek, kredietkaart of PayPal-rekening wat aan jou behoort. Vir lidmaatskapdoeleindes moet ons jou betaling met ’n bankrekening of kredietkaart kan koppel sodat ons kan verifieer dat jy ’n regte persoon en ’n individu is wanneer ons verkiesings hou.
Sluit aan by die OTW en verkry stemreg!
Sodra jy jou geskiktheid as ’n kieser verseker het, lees asseblief die steminstruksies.
Die volgende aksies sal gronde wees vir kieserdiskwalifikasie vir die verkiesingsjaar waarin die aksie plaasvind:
- Om enige beloning vir ’n stem te bied (geldelik of andersins, insluitende ’n aanbod van fannish kreatiewe werke).
- Om ’n kandidaat se skuilnaam publiek te maak, of die wettige en fannish name van enige OTW-lid of vrywilliger te koppel wat nie gekies het om daardie verbinding openbaar te maak nie.