Steminstruksies vir 2024

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se 2024 verkiesing vir die Raad van Direkteure sal gehou word op 16-19 Augustus. Dit sal om 12:01 UTC (Gekoördineerde Universele Tyd) oopmaak op 16 Augustus en om 23:59 UTC op 19 Augustus sluit (Hoe laat is dit vir my?). As u nie gedurende daardie tyd beskikbaar is nie, vind asseblief iemand (wat u vertrou) wie vir u volmag kan staan en kontak die Verkiesingskomitee met hul e-posadres, nie later as 23:59 UTC op 6 Augustus nie (Hoe laat is dit vir my?). Stuur asseblief alle volmagversoeke via ons kontakvorm.

U sal ’n e-pos ontvang wanneer die verkiesing open. Dit sal u lei na ’n unieke URL (bronadres) met die stembrief. Hou hierdie e-pos tot na u gestem het aangesien die Verkiesingskomitee nie in staat is om die skakels na die stembriewe weer met die hand te stuur nie.

Die steminstruksies e-pos bevat ’n skakel na ’n toetsweergawe van die stembrief. Volg asseblief die skakel om seker te maak dat die webblad reg vertoon en dat al die kandidate sigbaar is. Indien nie, maak seker dat u nie JavaScript van ajax.googleapis.com en/of bootstrapcdn.com blok nie.

Lees deur die instruksies wanneer u die stembrief oopmaak. As u nog nooit gestem het deur gebruik te maak van die Onmiddellike Afloopstemming-proses nie, lees asseblief oor hoe Onmiddellike Afloopstemming werk voordat u stem.

Die kandidate sal aan die linkerkant van die webblad getoon word. Kies die “ADD” (Voeg by) knoppie langsaan ‘n kandidaat se naam om hulle by u persoonlike stembrief by te voeg in die volgorde van u voorkeur. Eerste keuse is die een wat u die meeste verkies, tweede is die volgende beste, ensovoorts. Die volgorde van die kandidate kan verander word deur hulle name te sleep en los na hulle bygevoeg is, of deur name te verwyder en weer by te voeg met die “REMOVE” (Verwyder) en “ADD” knoppies.

U moet ten minste een kandidaat byvoeg vir u stem om geldig te wees. Sodra u al die kandidate waarvoor u wil stem in orde gelys het, kliek op die Stem-knoppie om u stem uit te bring. ‘n Stem kan nie gekanselleer of weer uitgebring word nie. Vir meer inligting, sien Steminstruksies.

As u enige vrae het of tegniese probleme ondervind, kontak die Verkiesingskomitee via ons Kontakvorm. Kies “stemprobleme” in die keuselys.

Dankie dat u stem in die OTW-verkiesing!