Verkiesingsproses Gedragsverwagtinge

Om ’n oop, verwelkomende en positiewe verkiesingsproses aan te moedig, versoek die Verkiesingskomitee dat kandidate, vrywilligers en lede hierdie eenvoudige verwagtinge volg tydens alle amptelike verkiesingsaktiwiteite:

  • Vermy belediginde taal, insluitend dit wat verband hou met fisiese of geestelike gestremdhede.
  • Respekteer geslagsneutraliteit en/of voornaamwoordvoorkeur.
  • Praat oor die kandidate se gedrag/woorde, nie die persoon self nie. Voorbeeld: Sê “X het nie Y-bekommernis aangespreek nie” eerder as “X is onbedagsaam”.
  • Moenie OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) hulpmiddels/toegang gebruik – of ander versoek om hul hulpmiddels/toegang te gebruik – om enige vrywilliger, lid of kandidaat te teister, agtervolg, bespeur of te dreig nie.
  • Moenie inmeng met die kandidaatskap van enige kandidaat waaroor u dalk ’n magsposisie hou nie.
  • Probeer om nie mense se identiteite te openbaar nie. Vermy dus die koppeling van enige fannish persona of naam wat binne die OTW gebruik word met ’n wettige naam (of enige dade wat met hierdie name verbind kan word), sonder daardie persoon se uitdruklike toestemming. As u iemand anders se identiteit ontbloot sal dit lei tot die verwydering van u stemvoorregte. ’n Kanditaat wat dit doen sal van die stembrief verwyder word.
  • Moenie iemand omkoop met geld, fanwerke of enigiets anders nie. Omkopery sal ook lei tot die verwydering van stemvoorregte. ’n Kandidaat wat deelneem in omkopery sal van die stembrief verwyder word.