Oorsig
Slegs lede van die Raad van Direkteure word verkies. Die Raad is die groep individue wat die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) lei. Dit sluit drie beamptes (President, Tesourier, en Sekretaris) in, sowel as nie-beampte lede. Individue staan nie vir spesifieke ampte nie; hulle staan vir ’n setel op die Raad, en die Raadslede kies gesamentlik beamptes vanuit die groep wanneer hulle ampstermyne verval (ampstermyne is korter as direkteur termyne).
Ten minste twee direkteure word elke jaar verkies (in ’n verkiesing deur betalende OTW-lede), en hulle dien tans vir drie jaar termyne.
Die raad se pligte sluit in: strategiese beplanning en besluitneming in areas soos die missie van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke), jaarlikse begroting, projekte en prioriteite; handhaaf ’n langtermyn fokus vir die organisasie; monitor vordering van strategiese doelwitte; verseker nakoming van wetgewing; om verantwoordelikheid te neem vir die optrede van die OTW; wetlike verantwoordelikheid te neem vir die OTW en sy finansies teenoor die IRS (Verenigde State se Interne Inkomstediens); en die teken van kontrakte, uitbetaling van fondse, verrigting van verskeie tipes besigheidstake.
Daar word van individuele raadslede verwag om chat-gebaseerde vergaderings by te woon; op hoogte te bly met relevante organisatoriese kommunikasies en verslae; en om in die beste belang van die OTW op te tree.
Sien asseblief Word ’n kandidaat vir meer inligting oor geregtigheid.
’n Kandidaat wat op ’n komitee binne die organisasie gedien het sal ’n sekere vlak van bekendheid met die interne werking van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) hê, sowel as die vermoë om goed met ander saam te werk in hul kapasiteit as ’n aanlyn vrywilliger. Dit wys ook dat die kandidaat verbondenheid tot die OTW en sy waardes getoon het.
Omdat die direkteure wettig verantwoordelik is vir die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) en sy finansies, moet hulle optrede gekoppel wees aan hul wettige identiteite. Dit is deel van IRS regulasies vir geïnkorporeerde nie-winsgewende organisasies, waarvan die OTW een is.
Slegs as u kies om dit self te doen, byvoorbeeld deur om u fannish identiteit te noem in die kandidaat Biografie wat u indien as deel van die verkiesingsproses. OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) personeel en dokumentasie sal slegs na u verwys met u wettige naam.
Dit word aanbeveel dat die Raadsbeamptes (President, Tesourier en Sekretaris) ervaring op die raad het voordat hulle beamptes word. Andersins, nee.
Alhoewel baie mense gemaklik is daarmee dat hulle fannish identiteit aan hul wettige identiteit gekoppel word, is dit nie die geval vir almal nie. Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se beleid plaas daardie besluit in kandidate se hande; dit is hul keuse om te besluit hoe gemaklik hulle is om hul fan-identiteite te deel. Dit geld beide voor en na die verkiesingsproses, vir kandidate wie verkies is sowel as vir diegene wat nie verkies is nie.
Kandidaatskap
Vermy die gebruik van amptelike OTW-logo’s (Organisasie vir Transformerende Werke) of beelde wat tydens die verkiesingsveldtog met amptelike OTW-logo’s verwar kan word. Dit sluit ook die logo’s van individuele projekte in, soos die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie). Jy mag amptelike OTW-aankondigings wat sulke logo’s bevat herblog of hertweet, maar jy mag nie die logo’s assosieer met veldtogte vir ’n spesifieke kandidaat of kandidate nie. Dit is om die indruk te vermy dat die OTW ’n spesifieke kandidaat of kandidate onderskryf.
Maak seker dat jy aan die vereistes voldoen en bereid is om onder jou wettige naam te staan. Stuur ’n e-pos aan die voorsitter van die Verkiesingskomitee met jou wettige naam en ’n verklaring dat jy ouer as 18 is. Laat weet ook vir die voorsitter of jy onder ’n skuilnaam dien en of jy jou OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) naam na jou wettige naam wil verander voor jou kandidaatskap of na jy verkies word. Die Verkiesingskomitee sal dan die betrokke komitees kontak om te bepaal of jy in aanmerking kom. Die sperdatum om jou kandidaatskap te verklaar kan op die verkiesingstydlyn gevind word.
’n Bestrede verkiesing vind plaas wanneer daar meer kandidate as beskikbare setels op die Raad is, en kiesers moet besluit wie verkies word.
’n Onbestrede verkiesing vind plaas wanneer die aantal oop setels op die Raad groter is as, of gelyk is aan, die aantal kandidate. Dit beteken dat elke kandidaat tegnies onbestrede is en dus outomaties na die verkiesingsproses tot die Raad verkies sal word (dus sal ’n stemming in hierdie geval nie nodig wees nie). Alle oorblywende leë setels sal leeg bly tot die volgende verkiesing.
Ja, as jy nie verkies word nie, kan jy weer staan in die volgende verkiesing mits jy weer aan al die geskiktheidsvereistes voldoen.
Eerstens moet jy ’n biografie skryf. Hierdie is ’n kort paragraaf wat jou relevante ervaring lys – vanlyn, in die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) en in die fandom.
Tweedens sal jy die Manifes-vrae moet beantwoord, wat dieselfde is vir alle kandidate.
Derdens sal jy aan ’n vraag-en-antwoordsessie moet deelneem. Die vrae word deur die publiek ingedien.
Vierdens sal jy moet deelneem aan openbare gesprekke. Dit sal deur die Verkiesingskomitee volgens jou skedule bepaal word.
Stemproses
U kan ’n lid van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) word deur VS$10 of meer te skenk. Lidmaatskap duur een jaar en begin op die datum wat u skenk. Dit beteken dat u in een OTW-verkiesing kan stem. As u reeds ’n lid is, en u skenk weer VS$10 of meer, sal u lidmaatskapvervaldatum vorentoe geskuif word; dit sal altyd een jaar wees na u mees onlangse donasie van VS$10 of meer. Besoek die verkiesingtydlyn om uit te vind of u in vanjaar se verkiesing kan stem.
Daar kan verskeie redes wees:
- Het u u donasie voor die huidige verkiesingsjaar gemaak? As u onseker is, kan u ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee kontak om seker te maak. Slegs donasies gemaak gedurende die huidige verkiesingsjaar maak ’n lid stemgeregtig in daardie jaar se verkiesing.
- Het u gekies om nie e-posse vanaf die OTW (Organisation for Transformerende Works) te ontvang nie? Indien wel, kan u ’n e-pos stuur aan [email protected] om weer te registreer.
- Beland u OTW-e-posse dalk in u strooiposlêer? As u nie wil hê dat dit moet gebeur nie, probeer om @transformativeworks.org by u veilige kontaklys te voeg.
As nie een van die bogenoemde oplossings werk nie, kontak ons asseblief en ons sal probeer om u probleem op te los.
Die OTW is ’n nie-winsgewende organisasie. Dus moet ons verseker dat elke stem vanaf ’n spesifieke, wetlik erkende individu kom. Die maklikste manier om dit te doen, is om lidmaatskap te koppel aan donasies wat via ’n bankrekening of kredietkaart gemaak word – dit wil sê ’n betaalmetode wat ’n identiteit kan bevestig. Dit is as gevolg van hierdie beginsel dat donasies wat via kontant of poswissel gemaak word, nie lidmaatskap verleen nie.
Stemgeregtigtes – alle betalende lede met goeie reputasies – sal instruksies ontvang via die e-posadresse wat hulle gebruik het om by die organisasie aan te sluit. Alle stemme is anoniem.
Stemme word getel deur gebruik te maak van ’n rangkeuse-stemstelsel variant wat vir verskeie wenners aangepas is. Vir ’n volledige verduideliking, verwys na die inligting bladsy oor die stemproses.
Volledige uitslae sal geplaas word nadat stembusse gesluit het. Tensy onvoorsiene probleme opduik, sal ons die uitslae nie later as drie dae na die einde van die stemproses bekend maak nie. In die geval van ’n vertraging, sal die Verkiesingskomitee statusopdaterings oor die oorsaak en ’n tydlyn vir die oplossing daarvan verskaf.
Om gelyke regte vir alle raadslede te handhaaf, publiseer ons nie ’n rangorde van kandidate nie.
Stem deur Volmag
Om te stem deur volmag is om iemand anders aan te wys om jou stem in die verkiesing uit te bring, iets wat die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) verplig is om toe te laat deur die wet van die staat Delaware, in die Verenigde State. Tipies kan dit gedoen word as ’n lidmaat weg van internet toegang sal wees of as hulle ander verpligtinge het deur die hele verkiesingstydperk.
Indien ’n lidmaat nie toegang tot die toetsstembrief het nie, byvoordbeeld as hulle verouderde sagteware gebruik of hulle het ander sagteware verenigbaarheidskwessies wat die stembrief ontoeganklik maak, sal hulle waarskynlik die selfde probleem hê met die ware stembrief en moet kies om ’n gevolmagtigde aan te wys. Die Verkiesingskomitee en die OTW wys nie gevolmagtigdes vir lede aan nie.
Gevolmagtigdes word deur epos aangewys. Die volmagversoek moet per e-pos
- van die epos rekening wat jy gebruik het om aan die OTW te skenk ontstaan;
- gerig word aan beide [email protected] en jou gevolmagtigde;
- jou wettige naam insluit; en
- ’n verklaring insluit dat jy jou volmag aan die eposontvanger wil toewys.
Jou gevolmagtigde moet op daardie e-pos antwoord, ontvangs erken en hul wettige naam in die antwoord insluit. Hierdie antwoord moet ontvang word deur [email protected] ten minste twee weke voor die verkiesing. As jy jou gevolmagtigde wil verander of kanselleer, mag jy so doen tot dieselfde sperdatum. Die amptelike sperdatum vir gevolmagtigde aanwysing sal ingesluit word op die verkiesingstydlyn.
Na die gevolmagtigde aanwysing sperdatum, duur volmagopdragte ses maande. Totdat daardie ses maande op is, kan ons nie jou gevolmagtigde aanwysing herroep of verander nie. As iemand anders se volmagstem aan jou toegeken is, kan jy dit nie op sy beurt aan iemand anders oordra nie.
Verdere Inligting
Die Elections (Verkiesings) webwerf is die beste plek om inligting oor die verkiesing te vind. Ons het beide aktuele nuus en geskiedkundige afdelings, asook gedetailleerde kategorieë wat aan die kant van die blad gelys word.
Gebruik ons kontakform om met ons in aanraking te kom. Ons help graag!