Staan in ’n OTW Verkiesing

Dankie vir u belangstelling om as kandidaat te staan vir die Board of the OTW (OTW se Raad van Direkteure)! Vir inligting oor geskiktheid, besoek asseblief ons Word ’n Kandidaat-bladsy. Hier volg ’n oorsig van die kandidatuurproses.

Die verkiesingseisoen begin aan die einde van die verklaringstydperk, agt weke voor die verkiesing, en strek tot die sluiting van stembusse. Ons moedig kandidate aan om hul platforms, sienings en visie met die OTW-lidmaatskap te bespreek in die forum van hul keuse.

Daar word van kandidate verwag om ’n kort openbare verklaring te verskaf wat hul filosofie, doelwitte vir die organisasie en sienings oor toekomstige rigtings vir die organisasie opsom. Hierdie verklaring sal op die OTW-verkiesingswebwerf beskikbaar wees.

Nadat hierdie verklaring vrygestel is, sal lede van die publiek ’n geleentheid kry om vrae vir die kandidate in te dien. Die kandidate sal hierdie vrae volgens onderwerp op die OTW-verkiesingswebwerf beantwoord.

Kandidate word ook aangemoedig om deel te neem aan ’n publieke chat, in ’n forum wat deur die OTW verskaf word, op ’n tyd wat vooraf afgespreek is. Die transkripsie van daardie chat sal ook op die OTW-verkiesingswebwerf beskikbaar gestel word.