Wat die Raad Doen

Wat doen ’n lid van die Raad van Direkteure?

Die Raad se pligte as ’n groep sluit strategiese beplanning en besluitneming op gebiede soos die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) se missie, jaarlikse begroting, projekte en prioriteite; die handhawing van ’n langtermynfokus vir die organisasie; monitering van die vordering van strategiese doelwitte; versekering dat die organisasie wette nakom; neem van verantwoordelikheid vir die organisasie se aksies; neem van wetlike verantwoordelikheid voor die IRS rakende die organisasie se finansies; en die teken van kontrakte, uitbetaling van fondse, en maak van transaksies vir verskeie besigheids sake in.

As individue word van raadslede verwag om chat-gebaseerde vergaderings by te woon, op hoogte te bly met relevante organisatoriese kommunikasie en verslae, en om te goeder trou op te tree in die beste belang van die OTW.