Oor die Verkiesingskomitee

Die Verkiesingskomitee is verantwoordelik daarvoor om OTW Raadsverkiesings te bestuur. Die komitee is middel 2014 gevorm. Voor dit was die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) Raad van Direkteure verantwoordlik vir Raadsverkiesings. Die aparte groep verseker die regverdigheid, tydigheid en vertroulikheid van die verkiesingsproses. As ’n span dateer ons prosedures op; kommunikeer ons met OTW lede en ander komitees oor die proses; help ons kandidate om voor te berei vir hulle take en om dit uit te voer; en bestuur ons die verkiesing self.

Al werk al die lede saam as ’n span om spesifieke projekte te voltooi, is daar vyf gespesialiseerde posisies in die komitee. Hulle is as volg:

Kandidaatskakel

Kandidaatskakels is verantwoordelik vir uitreik en ondersteuning vir verkiesingskandidate. Hulle werk direk met kandidate om hulle te begelei deur die kandidaatsverklaring- en verkiesingsprosesse.

Kommunikasiespesialis

Kommunikasiespesialiste is die hoof skrywers en redakture van die komitee. Hulle berei publieke nuusberigte en interne aankondigings voor, sowel as om te help met die skryf en redigering van komitee dokumentasie.

Span Koördineerder

Span Koördineerders is verantwoordelik vir alle take rakende administrasie en organisasie in die komitee. Hulle skep prosedures, bestuur werwing, skeduleer vergaderings, help om projek planne te skep en onderhou komitee dokumentasie.

Stemprosesargitek

Stemprosesargitekte skep en onderhou ons stemprosedures en sagteware. Hulle skep, hou op datum, en verifieer die komitee se verkiesingsprosedures om die risiko van inmenging te verlaag. Hulle gee ook raad aan die komitee rakende die beste strategieë om kieser en kandidaat privaatheid, sowel as die integriteit van die verkiesingsproses, te bewaar.

Leerling Voorsitter Personeellid

Leerling Voorsitter Personeellede fokus daarop om oor alle aspekte van die komitee se aktiwiteite te leer in voorbereiding om vir ’n Voorsitter posisie oorweeg te word. Deur ander lede te skadu en hulle te help om hul take te voltooi, leer leerling voorsitters meer oor almal se rolle oor ’n spasie van ses maande.

As u meer wil weet of belang stel om aan te sluit by ons span, kontak ons hier!