Verkiesingstydlyn 2024

Hierdie is die amptelike verkiesingstydlyn vir 2024. ‘n Paar verkiesingsgebeure, soos die vraag & antwoord periode en die live chat-sessies met kandidate, sal slegs in Engels beskikbaar wees. Indien u verdere inligting daaroor wil hê, kyk asseblief na die Engelse weergawe van hierdie tydlyn deur “English” op die lys tale aan die linkerkant van hierdie bladsy te kies.

21 Junie

  • Kandidaatskap sperdatum is 21:59 UTC + 2 (CAT). Daar word ook van kandidate vereis om teen hierdie tyd lede van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) te wees.
  • Spertyd vir kandidaat Bio en Platforms om by die Verkiesingskomitee ingedien te word is 21:59pm UTC + 2 (CAT).

24 Junie

  • Kandidate word bekend gemaak en Bios en Platforms word gepubliseer.

30 Junie

  • Sperdatum om ‘n lid te word om tydens die komende verkiesing te stem.
  • Enigiemand wat tussen 1 Julie 2023 en 30 Junie 2024 ‘n lid word, beide datums ingesluit (UTC), is stemgeregtig in hierdie verkiesing. Neem asseblief kennis dat die kwitansie vir u donasie in Verenigde State Oostelike Tyd gedateer sal word, so u sal nie stemgeregtig wees indien u donasie na 19:59 op 30 Junie 2024 op die kwitansie gelys is nie. Indien u onseker is of u donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontakvorm op ons webtuiste te gebruik, en kies “Is my membership current/Am I eligible to vote?” (“Is my lidmaatskap steeds geldig/Is ek stemgeregtig?”).

28 Julie

  • Steminstruksies word per e-pos aan stemgeregdigdes gestuur.

6 Augustus

  • Sperdatum om die Verkiesingskomitee te kontak met ‘n volmagversoek indien u vir die hele verkiesingsperiode weg gaan wees van u e-pos af.

16-19 Augustus

  • Verkiesing word gehou vanaf 22:01 UTC + 2 (CAT) op Donderdag tot 21:59 UTC + 2 (CAT) op Maandag.

20 Augustus

  • Verkiesingsuitslae word aangekondig.

27 Augustus

  • Sperdatum vir hertellingsversoeke.

1 Oktober

  • Oordrag van die Raad van Direkteure begin.

Tydlyne vir vorige jare kan op die Geskiedenisblad gevind word.