Hierdie is die amptelike verkiesingstydlyn vir 2023. ‘n Paar verkiesingsgebeure, soos die vraag & antwoord periode en die live chat-sessies met kandidate, sal slegs in Engels beskikbaar wees. Indien u verdere inligting daaroor wil hê, kyk asseblief na die Engelse weergawe van hierdie tydlyn deur “English” op die lys tale aan die linkerkant van hierdie bladsy te kies.
16 Junie
- Kandidaatskap sperdatum is 21:59 UTC + 2 (CAT). Daar word ook van kandidate vereis om teen hierdie tyd lede van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) te wees.
- Spertyd vir kandidaat Bio en Platforms om by die Verkiesingskomitee ingedien te word is 21:59pm UTC + 2 (CAT).
18 Junie
- Kandidate word bekend gemaak en Bios en Platforms word gepubliseer.
30 Junie
- Sperdatum om ‘n lid te word om tydens die komende verkiesing te stem.
- Enigiemand wat tussen 1 Julie 2022 en 20 Junie ‘n lid word, 2023, beide datums ingesluit UTC, is stemgeregtig in hierdie verkiesing. Neem asseblief kennis dat die kwitansie vir u donasie in Verenigde State Oostelike Tyd gedateer sal word, so u sal nie stemgeregtig wees indien u donasie na 19:59 op 30 Junie 2023 op die kwitansie gelys is nie. Indien u onseker is of u donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontakvorm op ons webtuiste te gebruik, en kies “Is my membership current/Am I eligible to vote?” (“Is my lidmaatskap steeds geldig/Is ek stemgeregtig?”).
22 Julie
- Steminstruksies word per e-pos aan stemgeregdigdes gestuur.
1 Julie/Augustus
- Sperdatum om die Verkiesingskomitee te kontak met ‘n volmagversoek indien u vir die hele verkiesingsperiode weg gaan wees van u e-pos af.
11-14 Augustus
- Verkiesing word gehou vanaf 22:01 UTC + 2 (CAT) op Donderdag tot 21:59 UTC + 2 (CAT) op Maandag.
15 Augustus
- Verkiesingsuitslae word aangekondig.
22 Augustus
- Sperdatum vir hertellingsversoeke.
1 Oktober
- Oordrag van die Raad van Direkteure begin.
Tydlyne vir vorige jare kan op die Geskiedenisblad gevind word.