Biografie
Elizabeth W (sy/haar): het fandom vroeg in hoërskool ontdek deur die Bits of Ivory Pride & Prejudice argief. Alhoewel sy nog nooit self ’n fanwerk geskryf het nie, het sy wel HTML aangeleer om ’n naïwe tog opregte Buffy/Angel Geocities webblad te skep wat nou al lank nie meer bestaan nie. Elizabeth werk sedert 2022 vir die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) as ’n etiket organiseerder, en was ’n voorsitter vir die BAT (Raadsassistente-komitee) sedert sy stigting in 2023 totdat sy ’n breek gevat het vir hierdie verkiesing. Wanneer sy nie betrokke is by OTW werk nie, is sy ’n kommersiële bestuurder in die publieke sektor, speel die fagot en kontra-fagot, en geniet dit om te swem, te stap, te kamp en te veel speletjies te speel. Sy het al 5,486,061 woorde van fanfik hierdie jaar gelees.
1. Hoekom het jy besluit om te staan vir verkiesing tot die Raad?
Hoekom die OTW?
Die werk wat die OTW doen was nog nooit meer belangrik nie: dokumentering van die geskiedenis van ons gemeenskappe; ondersteuning van kritiese analise van media en fandom; die onderhou van ’n stabiele, nie-kommersiële, inklusiewe tuiste vir ons kreatiewe pogings; en neem van regsaksie om fannish regte nou en in die toekoms te verdedig. Hierdie is alles dinge wat ek trots is om te ondersteun hoe ookal ek kan.
Hoekom as Raadslid?
Dit is van uiterste belang dat die OTW aanhou ontwikkel as ’n organisasie sodat ons volhoubaar kan groei om ons doelwitte tot in die toekoms in te ondersteun – dit is hoekom ek aangetree het om die BAT-komitee te help lei toe dit gestig is. Ek was so bemoedig, en eerlikwaar so trots op die huidige Raad se werk rondom die Organisatoriese Kultuur Opname en die Strategiekaart wat daaruit ontstaan het. Ek wil seker maak dat die OTW se Raad daardie momentum volhou, en om verdere veranderinge en verbeteringe te dryf wat ons sal help om meer doeltreffend, veilig en produktief te wees wanneer ons ons werk uitvoer.
Hoekom nou?
Die BAT-komitee is nou goed aan die gang (en sal binnekort ’n rondte van publieke werwing hou, so kyk uit vir opkomende werwingsberigte!). Ek staan ook in my persoonlike lewe op ’n plek waar ek tans die tyd en energie het om aan die Raad te wy.
2. Watter vaardighede en/of ervaring sou jy na die Raad bring?
My kommersiële agtergrond, kommunikasie vaardighede, veranderingsbestuur ervaring, en my OTW ervaring sal goed inpas by beide die vaardighede van die huidige Raadslede en ook my mede-kandidate.
Kommersiële ervaring
My ervaring sluit in: toesig hou oor multi-miljoen dollar aanskaffingsaktiwiteite; die bestuur van kontrakte; die uitvoer van finansiële analises. My finansiële agtergrond is nie net in die korporatiewe wêreld nie – bevoorbeel, ’n vennootskap ooreenkoms waarmee ek betrokke was het die ontwikkeling van beheerstrukture genoodsaak om gemeensakpsfondse te bestuur. Ek weet dat dit op die 2023-2026 Strategiese Plan is om die OTW se beheerstrukture te hersien, so ek is opgewonde om met die Strategiese Beplanning-span saam te werk om verbeteringe aan te bring.
Kommunikasie
Ek was deel van ’n paar groot IT transformasie programme: ek vertrou die tegnologie en koderings-deskundiges om te identifiseer wat wanneer nodig is, en ek weet hoe om dit aan verskillende belanghebbendes te kommunikeer in taal wat hulle verstaan sodat die regte goed geprioritiseer word. Hierdie soort kommunikasie is ’n kritieke deel van die werk wat die Raad doen.
Verandering- en Projekbestuur
Ek het ook al organisatoriese verandering gelei – die skuif van finansiële praktyk van ’n dollar-gebaseerde raamwerk na risiko-gebaseerde drempels. Dit het behels dat ek ’n pyplyn van aktiwiteit bestuur en die inkoop van gebruikers verkry, sowel as om maniere te skep om ons vordering te visualiseer. Verandering- en projekbestuur vaardighede is vaardighede wat waardevol sal wees om die OTW Raad se werk te laat voortgaan.
OTW Ervaring
Sowel as die vaardighede wat ek van buite die organisasie bring, het ek oor die afgelope twee jaar ook die voorreg gehad om na aan die OTW se Raad en die voorsitters van die ander komitees te werk. Ek het beide die OTW se sterk punte en uitdagings gesien, en het verhoudings in plek om te verseker dat die regte mense geradpleeg en betrek word.
3. Kies een of twee doelwitte vir die OTW wat belangrik is vir jou en waaraan jy sou belangstel om te werk gedurende jou termyn. Hoekom is hierdie doelwitte vir jou belangrik? Hoe sou jy met ander mense werk om hulle te bereik?
Die twee grootste doelwitte wat ek vir die OTW sien is organisatoriese ontwikkeling en internationalisering. Ons het sprongsgewys gegroei as ’n organisasie, maar ons stelsels en prosesse het nie altyd teen dieselfde pas gegroei nie en ons dra steeds die erfenis van ons Anglo-sentriese oorsprong.
My professionele werk behels die ondersteuning van nie-regerings organisasies en liefdadigheidsorganisasies, en ek het gesien dat die OTW se groeipyne nie uniek is nie – dit is altyd ’n uitdaging om te verander van ’n klein groep passievolle vrywilligers gefokus daarop om die onmiddelike behoeftes van hulle gemeenskap te vervul na ’n verrykende, volhoubare organisasie. Baie van die verbeteringe wat ons moet maak in hierdie spasie is deur die Organisatoriese Kultuur Oudit identifiseer, veral met die temas van aanspreeklikheid, vrywilliger veiligheid, globale toeganklikheid en sensitiwiteit oor verskillende kulture, en algehele bestuurstandaarde. Spesifieke projekte om hierdie onderwerpe aan te spreek is tans aan die gang of in die pyplyn, en ek help om individuele projek werkstrome te koördineer in die rol van Organisatoriese Strategiekaart Leier.
Die OTW is gestig om “toegang te verskaf na… ’n verskeidenheid fanwerke en fankultuur in al sy verskillende vorms”, en as ons nie daardie toegang prioritiseer vir die vele gebruikers wie lees, werk en skep in tale anders as Engels nie, skiet ons te kort om daardie doelwit te bereik. Ons het baie passievolle vrywilligers wat agter die skerms daaraan werk om die lokalisasie van die Archive of Our Own – AO3 (Argief van Ons Eie) te laat gebeur, maar dit is ’n tegnies komplekse projek en is verseker nie iets wat ek persoonlik kan help kodeer of vertaal nie. Wat ek kan doen is om te verseker dat die betrokkenheid van nie-Engelssprekende gebruikers ’n top prioriteit vir die Raad bly, dat ons hulpbronne mobiliseer om die vereiste tegniese werk te ondersteun en dat ons ons gemeenskap ingelig hou oor ons vordering met die werk.
4. Wat is jou ervaring met die OTW se projekte en hoe sou jy met die relevante komitees saamwerk om hulle te ondersteun en te versterk? Probeer om ’n reeks projekte in te sluit, maar jy kan ook spesifieke projekte waarmee jy ervaring het, beklemtoon.
Ek het aansienlike ervaring met verkeie OTW projekte as deel van my werk in die BAT-komitee en ek kan nie dink aan ’n enkele komitee waarmee ek nie ten minste kontak gehad het nie.
Die AO3 sal altyd my eerste tuiste wees, beide as ’n gebruiker en as die plek waar ek my vrywilliger werk begin het as ’n etiket organiseerder, maar om die BAT voorsitter te word het my definitief meer kontak gegee met die organisasie as ’n geheel. Ek gebruik Fanlore gereeld as ’n etiket organiseerder (byvoorbeeld om te verwys na lyste ship-name en afkortings en om dit op te dateer) en om uit nuuskierigheid op te lees oor allerhande dinge, en ek bevorder Open Doors (Oop Deure) (veral die Fanzine Scan Hosting Project (Geskandeerde Fantydskrifte Huisvestingprojek) en Fan Culture Preservation Project (Fankultuur Bewaringsprojek) om ons fantydskrif geskiedenis te bewaar) met elke geleentheid.
In terme van hoe ek sal saamwerk met ander komitees, weet ek dat Raadslede gereeld ontmoet met die voorsitters van elke komitee, en as ’n voorsitter het ek self ervaar dat dit goed werk. Ek glo vas dat voorsitters (en ander komitee leierskap rolle) die deskundiges is in hul eie gemeenskappe. Hulle ken die komitees se behoeftes, uitdagings en geleenthede goed, so moet altyd die eerste mense wees om mee te praat.
Anders as bestaande strukture, wil ek roetes vir wyer Raadslid kommunikasie met komitees oopmaak. Ek wil spesifiek graag meer formele oorsig en anspreeklikheid voorstel tussen Raadslede en OTW komitees. Baie organisasies het ’n Raad struktuur waar elke uitvoerende lid ’n verantwoordelikheid vir en oorsig oor ’n spesifieke sektor van die organisasie het, en ek dink dat dit moontlik ’n nuttige raamwerk kan wees vir die OTW. In hierdie “besigheids vennootskap” benadering, sal elke Raadslid gereeld met beide die leierskap en die wyer vrywilliger-basis van hulle spesifieke komitees vergader om hulle komitees se doelwitte te ondersteun. Dit sal ook verseker dat Raadslede se tyd en energie versprei word onder alle komitees.
5. Hoe sou jy jou Raadswerk balanseer met jou ander rolle binne die OTW, of hoe beplan jy om jou huidige rolle te oorhandig om op Raadswerk te fokus?
Deur op die BAT-komitee te dien het ek eerstehands gesien hoe die Raad werkslading lyk, so ek weet waarvoor ek my inlaat!
Deel van die Verkiesingskomitee se beskermingsproses om eerlikheid te onderhou en ’n regverdige verkiesingsproses te verseker het beteken dat daar van my vereis was om ’n breek te neem van my rol as BAT voorsitter toe ek my kandidaatskap formeel verklaar het. Dit beteken ek het reeds die laaste paar weke spandeer om al my onvoltooide BAT-komitee werk aan my wonderlike mede-voorsitter te oorhandig. Die werklading vereiste as ’n volledig opgeleide Raadslid is soortgelyk aan die werk wat ek gedoen het as BAT voorsitter, so hoewel ek weet dat daar meer tyd vereis sal word in die eerste paar maande soos ek touwys word met Raadwerk, is dit algeheel ’n vereiste waarmee ek gemaklik is.
In my ander OTW werk as ’n etiket organiseerder, het ek die aantal fandoms wat ek organiseer verminder toe ek in 2023 deel geword het van BAT, en ek het nog ’n paar fandoms wat oorgegee kan word aan ander etiket organiseerders as ek kapasiteit moet skep. Met dit gesê, het etiket organisering ’n baie buigbare weeklikse werklading wat my toegelaat het om dit rondom die stiller en besiger tye van BAT-komitee werk in te pas, en ek gebruik etiket organisering as ’n kalmerende aktiwiteit wanneer ek ander hoë druk werk van beide die OTW en eksterne lewe hanteer! Om rustig musiek te speel, gemaklik te raak, en etikette te stuur na waar hulle hoort en die aantal ongehuisvesde etikette te sien verminder is ’n wonderlike manier om te ontspan! [/beëindig advertensie vir etiket organisering]