2026 OTW Verkiesingstydlyn en Lidmaatskapsperdatum

Die OTW Verkiesingskomitee is bly om aan te kondig dat die tydlyn vir die 2026-verkiesing van nuwe lede vir die Raad van Direkteure geplaas is!

Hierdie jaar se verkiesing sal op 14-17 Augustus gehou word. Dit beteken dat die sperdatum vir personeel om hul kandidaatskap te verklaar 30 Junie is.

Soos gewoonlik is die verkiesing se lidmaadskapsperdatum 30 Junie. Indien jy belangstel daarin om te stem, maak asseblief seker dat jou lidmaatskap aktief is teen daardie datum. Jou donasie se kwitansie word volgens Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) gedateer, so jy sal nie stemgeregtig wees indien jou donasie ná 30 Junie UTC op die kwitansie gelys word nie. Indien jy onseker is of jou donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontakvorm op ons webtuiste te gebruik en “Is my lidmaatskap aktief/Is ek stemgeregtig?” te kies.

Jy kan uitvind hoe om ‘n lid te word op die Verkiesingswebtuiste. Indien jy vertroud is met die proses, kan jy hier ‘n donasie maak!

Indien jy meer wil weet oor die verkiesingsproses oor die algemeen, kan jy na die Verkiesingsbeleide kyk.

Ons sien uit na ‘n aktiewe verkiesingseisoen met heelwat kommunikasie tussen kandidate en stemgeregtiges, en ons hoop dat jy deel sal wees hiervan. Moenie vergeet om die Verkiesingskomitee op Bluesky en Tumblr te volg om op datum te bly met die jongste nuus nie!

Indien jy enige vrae of kommentaar het, moenie huiwer om die Verkiesingskomitee te kontak nie.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

2025 OTW Verkiesingstatistiek

Noudat die 2025-verkiesing verby is, is ons bly om ons kiesersdeelname-statistiek met julle te deel!

Vir die 2025-verkiesing het ons ’n totaal van 15 138 stemgeregtigde kiesers gehad. Hiervan het 2 197 kiesers gestem, wat 14,5% van die moontlike kiesers verteenwoordig.

Ons kiesersdeelname is laer as dié van laasjaar, wat ’n deelname van 22,8% gehad het.

Ons het ook ’n afname in die aantal stemme gesien, van 3 415 na 2 197, wat ’n afname van 35,6% verteenwoordig. Read More

2025 OTW Verkiesingsuitslae

Die Verkiesingskomitee wil graag al ons kandidate bedank vir hul harde werk in hierdie jaar se verkiesing. Ons bedank ook vir uitgaande Raadslede Jennifer Haynes en Zixin Hang vir hul werk gedurende hul termyne. Dit is dan ook ‘n voorreg om die resultate van die 2025 verkiesing bekend te maak.

Die volgende kandidate (in alfabetiese volgorde) is amptelik verkies tot die Raad van Direkteure:

  • Elizabeth Wiltshire
  • Harlan Lieberman-Berg

Die Raadsoordrag begin formeel op 1 Oktober. Ons wens die nuwe lede van die Raad sterkte toe met hul termyn.

Hiermee kom die verkiesingseisoen dan tot ‘n einde. Dankie aan almal wat betrokke geraak het deur nuus oor die verkiesing te versprei, aan die kandidate vrae te vra en natuurlik ook deur te stem! Ons sien uit daarna om julle almal volgende jaar weer te sien.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

2025 OTW Raad Stemming Nou Oop!

Die verkiesing het geopen!

Elke OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) lid wat tussen 1 Julie 2024 en 30 Junie 2025 aangesluit het behoort teen die tyd ‘n stembrief te hê. As jy nie een ontvang het nie, gaan kyk asseblief eers in jou strooipos leêrgids en kontak ons dan deur ons kontak vorm. Jou donasie se kwitansie word volgens Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) gedateer, so jy sal nie stemgeregtig wees indien jou donasie ná 30 Junie UTC op die kwitansie gelys word nie. As jy onseker is of jou donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontak vorm op ons webtuiste te gebruik en “Is my membership current/Am I eligible to vote?” (“Is my lidmaatskap op datum/Is ek geregtig om te stem?”) te selekteer.

Die verkiesing sal plaasvind tot 18 Augustus 2025, 23:59 UTC; sien hierdie tydsone omskakelaar om uit te vind hoe laat dit vir jou sal wees.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ’n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

OTW Lede – Steminstruksies per E-pos

Teen hierdie tyd moes alle stemgeregtigde lede van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) ‘n e-pos ontvang het met ‘n skakel na die steminstruksies vir 2025. Die onderwerp was “Voting Instructions for Organization for Transformative Works (OTW) Board Election” (“Steminstruksies vir die Verkiesing van die Organisasie vir Transformerende Werke (OTW) se Raad”). Let daarop dat enigiemand wat nie hierdie e-pos ontvang het nie, vanjaar nie op die kieserslys is nie en dus nie ‘n stembrief sal ontvang nie.

Die e-pos oor stem-inligting bevat ‘n skakel na ‘n toetsweergawe van die stembrief. Volg asseblief die skakel om seker te maak dat die bladsy korrek vertoon en dat die kandidate sigbaar is. Indien nie, maak seker dat jy nie JavaScript blok vanaf ajax.googleapis.com en/of bootstrapcdn.com nie. Read More

2025 OTW Verkiesings-kandidate Aankondiging

Kandidate Aankondiging

Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) kondig graag die volgende kandidate vir die 2025 Verkiesing aan (in alfabetiese volgorde volgens voornaam):

  • C. Ryan S.
  • Elizabeth W.
  • Harlan L.B.

Omdat ons 2 setels om te vul en 3 kandidate het, sal die 2025 verkiesing bestry word – dit wil sê die lede van die OTW sal stem vir die kandidate wie die setels sal vul. Read More