2024 OTW Verkiesingstydlyn en Lidmaatskapsperdatum

Die OTW Verkiesingskomitee is bly om aan te kondig dat die tydlyn vir die 2024-verkiesing van nuwe lede vir die Raad van Direkteure geplaas is!

Hierdie jaar se verkiesing sal op 16-19 Augustus gehou word. Dit beteken dat die sperdatum vir personeel om hul kandidaatskap te verklaar 21 Junie is.

Soos gewoonlik is die verkiesing se lidmaadskapsperdatum 30 Junie. Indien u belangstel daarin om te stem, maak asseblief seker dat u lidmaatskap aktief is teen daardie datum. Neem asseblief kennis dat u donasie se kwitansie volgens die Verenigde State se Oostelike Tyd gedateer sal word, so u sal nie stemgeregtig wees indien u donasie ná 19:59 op 30 Junie 2024 op die kwitansie gelys word nie. Indien u onseker is of u donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontakvorm op ons webtuiste te gebruik en “Is my lidmaatskap aktief/Is ek stemgeregtig?” te kies. Read More