Verkiesingstydlyn 2026

Hierdie is die amptelike verkiesingstydlyn vir 2026. ‘n Paar verkiesingsgebeure, soos die vraag & antwoord periode en die live chat-sessies met kandidate, sal slegs in Engels beskikbaar wees. Indien u verdere inligting daaroor wil hê, kyk asseblief na die Engelse weergawe van hierdie tydlyn deur “English” op die lys tale aan die linkerkant van hierdie bladsy te kies.

19 Junie

  • Kandidaatskap sperdatum is 21:59 UTC + 2 (CAT). Daar word ook van kandidate vereis om teen hierdie tyd lede van die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) te wees.
  • Spertyd vir kandidaat Bio en Platforms om by die Verkiesingskomitee ingedien te word is 21:59pm UTC + 2 (CAT).

21 Junie

  • Kandidate word bekend gemaak en Bios en Platforms word gepubliseer.

30 Junie

  • Sperdatum om ‘n lid te word om tydens die komende verkiesing te stem.
  • Enigiemand wat tussen 1 Julie 2025 en 20 Junie 2026 ‘n lid word beide datums ingesluit UTC, is stemgeregtig in hierdie verkiesing. Jou donasie se kwitansie word volgens Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) gedateer, so jy sal nie stemgeregtig wees indien jou donasie ná 30 Junie UTC op die kwitansie gelys word nie. Indien u onseker is of u donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontakvorm op ons webtuiste te gebruik, en kies “Is my membership current/Am I eligible to vote?” (“Is my lidmaatskap steeds geldig/Is ek stemgeregtig?”).

26 Julie

  • Steminstruksies word per e-pos aan stemgeregdigdes gestuur.

4 Augustus

  • Sperdatum om die Verkiesingskomitee te kontak met ‘n volmagversoek indien u vir die hele verkiesingsperiode weg gaan wees van u e-pos af.

14-17 Augustus

  • Verkiesing word gehou vanaf 22:01 UTC + 2 (CAT) op Donderdag tot 21:59 UTC + 2 (CAT) op Maandag.

18 Augustus

  • Verkiesingsuitslae word aangekondig.

25 Augustus

  • Sperdatum vir hertellingsversoeke.

1 Oktober

  • Oordrag van die Raad van Direkteure begin.

Tydlyne vir vorige jare kan op die Geskiedenisblad gevind word.

Die 2027 verkiesingstydlyn is nog nie beskikbaar nie.