2024 OTW Verkiesingstydlyn en Lidmaatskapsperdatum

Die OTW Verkiesingskomitee is bly om aan te kondig dat die tydlyn vir die 2024-verkiesing van nuwe lede vir die Raad van Direkteure geplaas is!

Hierdie jaar se verkiesing sal op 16-19 Augustus gehou word. Dit beteken dat die sperdatum vir personeel om hul kandidaatskap te verklaar 21 Junie is.

Soos gewoonlik is die verkiesing se lidmaadskapsperdatum 30 Junie. Indien u belangstel daarin om te stem, maak asseblief seker dat u lidmaatskap aktief is teen daardie datum. Neem asseblief kennis dat u donasie se kwitansie volgens die Verenigde State se Oostelike Tyd gedateer sal word, so u sal nie stemgeregtig wees indien u donasie ná 19:59 op 30 Junie 2024 op die kwitansie gelys word nie. Indien u onseker is of u donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontakvorm op ons webtuiste te gebruik en “Is my lidmaatskap aktief/Is ek stemgeregtig?” te kies.

U kan uitvind hoe om ‘n lid te word op die Verkiesings webtuiste. Indien u vertroud is met die proses, kan u hier ‘n donasie maak!

Indien u meer wil weet oor die verkiesingsproses oor die algemeen, kan u na die Verkiesingsbeleide kyk.

Ons sien uit na ‘n aktiewe verkiesingseisoen met heelwat kommunikasie tussen kandidate en stemgeregtiges, en ons hoop dat u deel sal wees hiervan. Moenie vergeet om die Verkiesingskomitee op Twitter/X te volg om op datum te bly met die jongste nuus nie!

Indien u enige vrae of kommentaar het, moenie huiwer om die Verkiesingskomitee te kontak nie.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui